Borduurwerk
Spoggerig en Pragtig
― Denimsakke en Meer
Denimsakke waarop 'n kleurvolle prentjie geborduur
is, is Cool Creations se spogprodukte. Name kan ook op items soos
penne-en liniaalsakkies geborduur word.
By Cool Creations is iets vir almal. Vir die nuwe
baba is daar pragtige babakleertjies en stelletjies, asook
babalinne. Ons voorsien ook vadoeke en waslappe.
Die produkte sluit ook artikels in vir kleuters en
skoolkinders, vir ma, pa en sommer vir ouma en oupa ook. Die
produkte is ideaal vir geskenke, asook vir elke dag se gebruik. Alle
produkte word handgemaak en met die grootste sorg.
Daar is 'n groot verskeidenheid borduurontwerpe
van verskeie temas beskikbaar. Te kus en te keur! Dit sluit in oa
abstrakte patrone, tipiese Afrika-kuns ontwerpe, oulike babas,
koddige beertjies, kleurvolle blomme en mooi Christelike temas met
onder meer engeltjies, gebede en kruise. Die reeks sluit ook in
talle diere soos hase, visse en seelewe, eendjies, vlinders, voëls,
olifante, paddas en perde. Skattige troeteldiere soos hondjies,
katjies en die kontantste muise. Dan is daar ook nog drake en
feetjies, skulpe, hartjies, musiek, narre, poppe, skryfbehoeftes,
sportgoed, strikkies, vervoer, vrugte, spotprentjie-karakters,
Winnie die Pooh en vriende en nog baie-baie meer.
Cool Creations se produkte is netjies afgerond en die
borduurwerk gee dit net daardie tikkie persoonlike voorkoms, wat
hierdie artikels ideale geskenke maak.
'n Volledige pryslys is beskikbaar op aanvraag,
maar die pryse is meer as billik.
Stuur gerus 'n navraag. Ons is tot u diens.
Besoek Cool Creations se webtuiste vir baie meer inligting
oor ons omvattende dienste.