Houtsneewerk
Pragtig
afgerond en besonders
Eg Suid-Afrikaanse kunswerke vir u woning Koop gerus van hierdie kunsprodukte,
vaardig versier met houtsneewerk. Die items is uniek, pragtig, met die oulikste
patrone en baie netjies afgewerk. So 'n kunswerk is 'n aanwins en 'n
uitstekende fokuspunt in huisdekor. Die kunsprodukte soos die
muurspieëls dien nie net as weelderige huisversierings nie, maar daar is
ook items wat as besondere geskenke kan dien, soos die handspieëltjies.
Die produkreeks bestaan uit oa houtrame vir spieëls en daar is ook baie
besondere horlosies. Hierdie produkte is met groot sorg afgerond en die hout
is van goeie gehalte en baie elegant.
Ons bied ook ander kunswerke aan soos
lampskerms en kussings wat met bypassende patrone geverf is, of
muurversierings wat geskep is van skulpe. Die skulpwerk dien as oulike
muurversierings in die badkamer of kombuis.
Ons versend nie net produkte na
bestemmings in Suid-Afrika nie, maar ook na ander wêrelddele soos Kanada,
Australië, Nieu-Seeland, Engeland, Amerika en
Europa.
As u in die Pretoria-omgewing
is, kan u ons produkte kom besigtig. Die pryse is baie
billik vir produkte van so 'n hoogstaande gehalte. Stuur gerus 'n navraag of skakel vir meer
besonderhede.
Sommige pryse van hierdie unieke
houtsnee-versierde produkte:
 |
Muurspieël (± 1000x600) :
R4500 ohb |
 |
Muurspieël (± 650x450) : R3500
ohb |
 |
Muurspieël (± 800x550) : R4000
ohb |
 |
Muurhorlosie (± 500x250) :
R2500 ohb |
 |
Handspieëls (± 200x150) : R250
elk |
|
Neem asb kennis: Hanteer- en versendingskoste
is nie ingesluit by bg pryse nie |
|
|
 |
Tel: 082 452 6515 of vir afsprake 012 565 5611 |
Fotobeskrywings
| |
| Foto's 1 tot 7
Handspieëltjies |
| |
| Foto 8 Horlosie
in 'n houtsnee-versierde raam |
| |
| Foto's 9 tot 11
Houtsnee kunswerke. Muurversierings met oa rose, 'n perd
ens |
| |
| Foto's 12 en
13 Pragtige portretrame van houtsneewerk |
| |
| Foto's 14 en
15 Pragtige spieëlrame |
| |
| Foto's 16 en
17 Kussings en lampskerm versier met goudkleurige verf.
Bypassende patrone. |
| |
| Foto's 18 tot 20.
Klein skulpversierings vir die badkamer of kombuis |
| |
 |
Tel: 082 452 6515 of vir afsprake 012 565 5611 |
|