Skilderye
Bekoorlik Keurig!
Natuurtemas en meer
Maggie, 'n veelsydige kunstenaar fokus deesdae op haar lieflike skilderkunswerk. Die ateljee, gevul met sommige van haar nuutste werke, is wenke van die unieke skeppings van Maggie se wonderlike kunswerke. Natuur en die beeldrykheid daarvan, is een van die hooftemas met tonele van berge, mere, voëls, blomme en bome en wilde diere soos olifante en talle ander pragtige natuurtablo's.

Maggie doen ook dekoratiewe of kommersiële kunswerke deur die ontwerp en skilder op mure en vensters. Muurskilderye of muurversierings werk baie goed by die ingange van kleuterskole of as versiering by skoolgange. Dit is ook pragtig vir die winkel se ingang, of by 'n voorportaal by herberge of restaurante.
Stuur 'n navraag as u so 'n
muurversiering wil laat skilder, of lees meer by Maggie se webwerf
Keurige Kunswerke.